20 Oktober 2024

Oggenddiens van 20 Oktober 2024 sal weens tegniese redes nie beskibaar wees nie, sien asb https://tinyurl.com/20-Okt-2024

Reeks:

VOORBEELDIG// In ons verhoudings

In ons nadenke uit die reeks uit die brief aan die gemeente in Tessalonika het ons vanoggend gehoor dat Paulus baie maak van INTER-AFHANKLIKHEID.
Alles begin by God.
En ons sien dan vanuit hierdie brief hoedat hierdie verhouding, verhoudings tot gevolg het.
Die aanhaling van Nelus Niemandt verduidelik iets hiervan.
“Geloof is op sigself eintlik nie ‘n persoonlike saak nie. In die Bybel se vertelling oor geloof word die belang van die gemeenskap en die gemeenskaplike beklemtoon naas en selfs bo dié van die individu. Die bybelse konteks van verlossing is die van die gemeenskap. Geloof, verlossing en nuwe lewe is altyd saam met ander mense- die gemeenskap van gelowiges.”
Daar is ook navorsing wat hoe mense in verhoudingsirkels werk.
4 Layers of Community
(volgens Dunbar)
INTIMATES
1-5 people that deeply love and know you.
FRIENDS
15 people with whom you do life.
VILLAGE
150 people, the max we can be in a relationship with.
TRIBE
the larger group we associate with but do not know everybody.
Verandering gebeur baie dikwels deur daardie naaste mense aan jou. En samelewings val dikwels uitmekaar omdat daar nie mense naby aan jou is wat vir jou die weg kan help vind en vir jou bid nie.
VRAAG
Wie is jou naby mense wat in jou lewe mag inspreek en teenoor wie jy verantwoordbaar leef?
Go to Top