WELLINGTON DIGI-DIENS | Waar is Jesus in die storm (audio) | Matteus 8:23 – 27; Matteus 14 : 22 – 33
Teksgedeelte: Matteus 8:23 – 27; Matteus 14 : 22 – 33 | Prediker: Ds Bennie Janse van Rensburg | KONINKRYKSTYD #2
Jesus.
Koninkrykstyd is die seisoen tussen Pinksterfees en Advent. Vandag kyk ons na Jesus as deel van die Drie-eenheid, na wat Hy doen in ons storms, ook, tydens die storm van alle storms op Golgota en wat Hy vir my en jou vandag vra gedurende ons storms. Ds Bennie Janse van Rensburg behartig hierdie digi-diens.
Mag jy daar waar jy is en saam met wie jy is, deur geloof, God se stem en teenwoordigheid beleef wanneer jy luister en deelneem aan hierdie erediens. Vir die geloofsgemeenskap van Wellington, Suid-Afrika, in samewerking met NG Wellington-Noord, NG Wellington-Oos en Wellington Moederkerk.
VERWELKOMING & GEBED Johan Crous (NG Wellington-Noord)
PREDIKER Ds Bennie Janse van Rensburg (Wellington-Moederkerk)
SKRIFLESING Matteus 8:23 – 27; Matteus 14 : 22 – 33 AFR83 deur Ds NJ van As (NG Wellington-Oos)
GEBED & SEËN Johan Crous (NG Wellington-Noord)
MUSIEK Lied 245: 3 (Liedboek)
Gemeentesang van NGK Universiteitsoord
Orrelis: Prof. Wim Viljoen
The departure
Composer: Max Richter
Seëngebed
(Benediction: Yvette Barbra A. Honasan, Retief Burger, Jordan Bautista, Daniel Concepcion, Lee Simon Brown 2017)
Vertaling: Retief Burger
Every Nation Music 2017
DANKOFFERS
Oorweeg asseblief om jou dankoffer elektronies te gee via elektronies bankoorplasing (EFT) of via ZAPPER
Bankbesonderhede:
ABSA | Tak: 334-510 | Rek no. 430 580 000
ZAPPER: